LANDBOU
verbouing van dié nederige vrug maak immers hierdie suksesvolle opheffingswerk moontlik . Die geskiedenis vertel hoe gedurende die vroeë 1900 ’ s sagtevrugte in die omgewing verbou is en die plaaslike ekonomie en bevolkingsaanwas het gevolglik besonder gegroei . Antonie Viljoen is op rekord as die boer wat die eerste appelbome aangekoop het , maar ironies genoeg het sy plaaswerkers hierdie bome op eie inisiatief op hul erwe verbou . Edmond Lombardi skep Appletiser in 1966 . Maar die Beukesfamilie was ( en is ) sonder twyfel van die pioniers wat hierdie bedryf help ontwikkel het tot die enkel grootste uitvoergebied van
vrugte in Suid-Afrika .
Sedert Josias se aftrede is sy seun Stephan Beukes die oorhoofse bestuurder van die besigheid met sy suster Carina aan die hoof van die Dennegeur Stigting . Stephan hou egter sy oog op uitvoere en die skep van nuwe markte , terwyl Carina na die kinders , werkers en afgetredenes se heil omsien .
Dus praat ons met Johannes Fourie , Dennegeur Boerdery se plaasbestuurder . Johannes sê : “ Waar ek voorheen merendeels in die korporatiewe deel van landbou was , het ek gevoel ek wil eerder op die grond soos ’ n produsent boer . Boonop is ek al vir jare lank met die Beukesfamilie bekend en het baie
Stephan Beukes is die oorhoofse bestuurder en grootliks verantwoordelik vir die skep van nuwe markte en uitvoere .
17 MARKtoe ! Augustus 2024