Dennegeur Boerdery
LANDBOU
Dennegeur Boerdery
Kom op Dennegeur Boerdery buite Grabouw aan en natuurlik word besoekers oorweldig deur appelboorde wat oor heuwels en valleie tot amper oor die gesigseinder strek . En ja , moderne pakhuise , store en ál die newegeboue wat ’ n mededingende appelboerdery moontlik maak . Maar die treffendste – of straks ongewoonste en onverwagste – is die rye geboue met spelende kinders buite op speelrame en binne-in speelkamers . Volwassenes hou die oog oor die kroos .
“ My oorlede oupa Sas het reeds in die 1960 ’ s besef ons moet goed na ons werkers omsien . En my pa Josias het daarmee voortgegaan en nou doen ek dieselfde ,” sê Carina van Wyk ( née Beukes ), die Dennegeur Foundation se hoofuitvoerendebeampte .
Amper iets soos ‘ Happy wife , happy life ’ wat vertaal kan word as gelukkige en gemotiveerde werkers , gelukkige en vooruitstrewende boerdery .
Alvorens daar verder uitgebrei word oor hierdie deernisvolle kapitaaluitleg , moet appels egter eers onder die loep geneem word . Die
Johannes Fourie is Dennegeur Boerdery se senior produksiebestuurder .
16 MARKtoe ! Augustus 2024