MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 15

LANDBOU

verstop , spoel hy outomaties die onsuiwerhede uit die sif . Met ander woorde , sodra daar ’ n drukverskil tussen die toevoer en die afvoer kom , beteken dit hy is vuil en maak hy homself skoon . Die ander voordeel is die stelsel stuur seine na die rekenaar in die kantoor toe . So jy weet onmiddellik indien filters vuil is . Daarna het ons uitgebrei na die drupbesproeiing toe . Soveel so dat ons nou twee daar het en ’ n grote op die mikro ’ s .”

Met ons afskeid verwys Pieter na die talle druiweverkopers wat gewoonlik teen die N1 teenwoordig is . Siele wat boksies druiwe te koop aanbied .

“ Daai is alles gesteelde druiwe en is ’ n groot probleem vir die boere wie se plase teen die N1 lê . Ons is gelukkig om aansienlik verder van die hoofpad af te wees en ly nie daaronder nie . Maar die snaakse ding is mos nou wanneer mense stilhou om te koop , word hulle aangeval en stop dus nie meer nie . En só skiet die skelms hulself sommer in beide voete .”

En hy lag gemoedelik . Nóg die valskodlingmot , nóg die diewe verniel nie ’ n tafeldruiweboer se sin vir humor nie . Dit moet asseblief net nie gedurende oestyd reën nie . Daar was egter tye wanneer Pieter selfs dit kon aflag .

Die bas word kaalgestroop wanneer selverdeling in die korrels plaasvind . ʼn Ring word om die stam gesny om te verhoed dat voedingstowwe by die vrugte uitkom en eerder terugkeer na die wortels toe . Hierdie proses help met korrelgrootte .
15 MARKtoe ! Augustus 2024