MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 14

LANDBOU

die intrapslag laat hy weet : “ Pieter vra gister senuagtig vir my , ‘ Jong , die span van MARKtoe ! wat môre kom kuier , moet ek vir hulle tee en koekies aanbied ?’ Toe sê ek , ‘ Ek weet nie .’”

Hoe dit ookal sy , Jaco is onder andere vir die besproeiing verantwoordelik .

“ Agriplas het hulle filters aan ons kom voorlê en ons het eers begin

met net een van hulle mikro ’ s .”

Indien lesers dink hier word van iets soos ’ n koffie- of petrolfilter gepraat , dink weer . Ons praat hier van ’ n enorme blou toestel met verskeie spesiale eienskappe . “ En dit is ’ n wonderlike stelsel , aangesien sy sif baie fyner is en baie meer ongewenste deeltjies uit die water uithaal . Maar die groot voordeel is die volgende : indien die stelsel

Bo : Die groen plastiek rondom die wingerd se stamme beskerm die stokke wanneer spuitstowwe teen onkruid gebruik word . Onder : Die sneeu op die berge in die verte help die wingerd om gedurende die winter behoorlik in rus te gaan .
14 MARKtoe ! Augustus 2024