MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 13

LANDBOU

werkers en hulle is die drywers , water- en spuitmense .

“ Die seisoenale mense kry jy van buite af . Maar ons probeer om jaar vir jaar dieselfde werkers aan te stel . Hulle is almal van De Doorns en omgewing en het werk vir ongeveer agt maande per jaar .”

Aangesien daar heelwat sitrus in die omgewing voorkom , is die gevolg daarvan die teenwoordigheid van die vals kodlingmot .

“ Ons het gelukkig ’ n vrugtevliegprojek wat die hele vallei dek .”

Alhoewel Pieter nie organies of biologies boer nie , word chemiese spuitstowwe oordeelkundig en tot die minimum aangewend .

Elkeen van die twee plase bedryf gemeganiseerde pakhuise waarin ongeveer 180 paar hande werksaam is

Ḃuite klim ons in Pieter se bakkie en ry tot waar Jaco Lütter , Pieter se hoofbestuurder , ’ n oog hou oor werkers wat met die nuwe New Holland-trekker padmaak . Terloops , omtrent ál die paaie tussen die boorde is geteer of geplavei . Dit help nie net om die plaas netjies te hou nie , maar hou ook stof van die druiwe en blare af – fotosintese in die afwesigheid van stof is aangewese .

Jaco is ewe indrukwekkend en deel Pieter se grappigheid . Sommer met

Agriplas voorsien hierdie outomatiese terugspoelfilters en Pieter Beukes Boerdery is uiters tevrede met die produk .
13 MARKtoe ! Augustus 2024