MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 19

LANDBOU

Alhoewel Dennegeur Boerdery nie organies bedryf word nie , word daar gepoog om die grond so gesond as moontlik te hou .

“ Dit gaan meer oor jouself . Wil jy toelaat dat die grond toksies word ? Dit mag effens vreemd klink , maar die bome vertel ons wat gedoen moet word . Ons boer eerder saam met die natuur met presisieboerdery . Gee ons byvoorbeeld kunsmis , gooi ons nie die hele hektaar vol nie . Wat ons doen , is om elke 50 meter ’ n gat in die grond te grawe . Ons ontleed die grond en dien die kunsmis toe in kolle waar dit benodig word . Die ander ding wat deesdae baie belangrik is , is om jou koolstofvoetspoor so laag as moontlik te hou .”

Nuwe aanplantings geskied op ’ n jaarlikse basis en 10 tot 12 hektaar word vervang . Ou bome word uitgehaal en opgekap , die ou wortels word met behulp van ’ n ripper verwyder . Die nodige stowwe soos kalk word toegedien .

“ Dit is belangrik dat jou gronde se pH-balans orals dieselfde is en jy sit nie met kolle wat anders is nie . En dan begin die hele proses van vooraf . Indien jy die Genevas plant wat duurder is en jou nuwe aanplanting is nouer , beloop die onkoste om en by R550 000 per hektaar .”

Mikrobesproeiing is hoe die water by die individuele bome uitkom en die verskeie komponente word uiteraard deur Agriplas voorsien .

Links : Die crèche is naby aan die pakstoor en dus kan die moeders borsvoed tydens werk . Regs : Wanneer daar goed na appelbome omgesien word , produseer hulle vir tot 25 jaar .
19 MARKtoe ! Augustus 2024