LANDBOU
produktiewe lewensduur van wingerd .
“ Party haal jy uit op twee jaar . Dit is nou wanneer jy die verkeerde kultivar plant . En ek het baie sulke foute gemaak . Maar gewoonlik kry jy darem so vyftien tot twintig jaar uit hulle .”
Die nimmereindigende beskikbaarheid van nuwe kultivars kan tot hoofbrekens lei . Die tafeldruiweboer kan nie wag om te sien of ’ n gegewe kultivar by sy buurman suksesvol is nie . Indien buurman die kroon span , is jy drie jaar agter en dan is daar reeds weer nuwe kultivars beskikbaar . Kultivars word uit die buiteland ingevoer en word nie gekweek om in jou omgewing te
aard nie . En die boer kan nie net een hektaar plant om te sien wat gaan gebeur nie . Dit is te min . Dus meer geluk as wysheid .
“ Indien jy mooi na jou nuwe aanplantings kyk , kom hulle in vol produksie na so drie jaar . Hulle moet byvoorbeeld binne die eerste jaar op die drade kom sodat hulle ’ n dak het . Die tweede jaar kan jy al ’ n paar trossies oes . En in die derde jaar loop hulle teen omtrent vyf-ensewentig persent .”
Die ander twee groot uitdagings is die hawens en arbeid . Kaapstad se hawe word beskou as een van die swakste ter wêreld .
“ Ons word nou al gedwing om die druiwe na Durban en Gqeberha te
Hierdie drukmeter op Agriplas se outomatiese terugspoelfilter dui aan wanneer die filter homself gaan skoonmaak .
10 MARKtoe ! Augustus 2024