MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 9

LANDBOU

wins uitgevoer word ? “ Daardie is teen die Gariep- ( aan beide die Suid-Afrikaanse en Namibiese kante ) en Olifantsriviere . Ons sit in die middel saam met Chili .”

Die logiese opvolgvraag is : Hoekom is De Doorns se omgewing geskik vir tafeldruiwe ?

En dit is hier waar Pieter se stoutheid inskop . “ Nee , ek weet nie .” Die lawwe glimlag om sy mond .

“ Ek dink mense plant tafeldruiwe hier omdat die plase maar te klein is vir iets anders . Aan die anderkant is ons winters koud en kan die wingerd behoorlik in rus gaan . Maar ons soek nie die baie water wat onlangs hier geval het nie . Gedurende die somer is dit lekker warm en is veronderstel om sonder reën te wees . Ons sit egter plastiek oor die wingerd indien dit gedurende die oestyd reën en nette in Oktober teen die wind .”

Die tafeldruiweboer se jaar werk as volg . Hier in Julie tot die einde van Augustus word die wingerd teruggesnoei . Dan word nuwe kultivars ook geplant . In November word klein korrels uitgeknip . Desember tot Maart word daar geoes . “ Daarna herhaal die proses homself . Ek moet bysê dat waar ons voorheen vir vier maande gepak het , probeer ons dit nou in drie maande afhandel .”

Die rede : die kultivars word deesdae nader aanmekaar geplant en die periode waartydens groot hoeveelhede arbeid nodig is , moet beperk word . Nóg ’ n turksvy is die

Die oormatige reën die afgelope tyd het tot verspoelings gelei en nou word die New Holland-trekker ingespan om paaie te herstel .
9 MARKtoe ! Augustus 2024