MARKtoe! AUGUSTUS 2023 Uitgawe 107 | Page 9

LANDBOU

swamdoders toe te dien nie . “ Die hoë-potensiaal kultivars wat ons plant , is soos resiesperde en verg dus meer bestuur . Indien jy goeie opbrengste wil hê , moet jy spuit , anders sit jy heel moontlik met ʼn ondergemiddelde oes .”

Soja , daarenteen , is aansienlik makliker . Egon verwys na hierdie gewas as ‘ n hooligan omdat dit die ergste droogte kan oorleef . Boonop het hulle vanjaar , die natste jaar in vier dekades , die beste opbrengs ooit gekry .

“ Bygesê , dit is nie ʼn geval van gooi die sojasaad in die grond en rus op jou louere nie . Jou grondgesondheid moet goed wees en jy moet presies weet wanneer en hoe om te plant . Soja pas ook baie goed

by ons wisselbou en dra baie by tot die grondgesondheid omdat dit ʼn peulplant is en stikstof uit die lug opvang .”

Oor die afgelope 23 jaar plant Egon soja sonder die gebruik van kunsmis en hierdie mylpaal is te danke aan sy herlewingspraktyke .

“ Nou vra die mense of ons meer kunsmis vir die plant van mielies gebruik om op te maak . Die antwoord is nee . Jy moet nie die grond as ʼn chemistry set sien nie . “ Wat jy uithaal , moet jy terugsit .” Onthou , in die natuur is daar niemand wat terugsit nie . Die natuur is volhoubaar op sy eie . Daarom foeter ons so min as moontlik met die natuurlike prosesse ,” sê hy .

4 .
4 . Egon plant hoë-potensiaal kultivars . Hulle is soos resiesperde en verg dus hoë bestuur .
9 MARKtoe ! Augustus 2023