LANDBOU
3 .
en van daardie oomblik af het die besigheid net beter en beter verloop . Daarom is ons leuse : Farming to glorify God . Ons boer eerstens om God te vereer , tweedens om die land en die men-se te dien en laastens ter wille van ʼn inkomste .”
Ten spyte van hierdie nederige afskop , staan daar vandag op Rustenburg ( die plaas ) duursame presisietoerusting net waar jy kyk . Kolossale trekkers , beitelplanters , bespuitingsmasjinerie op lang bene wat lyk asof hulle destyds maklik met die Mejuffrou Stilbaai Bene-trofee sou kon wegstap . Prag en praal .
“ Maar moet egter nie dink daar
is nie uitdagings nie . Onthou hierdie kontrei staan bekend as die siektehoofstad van die wêreld . Daar bestaan vier swamsiektes wat mielies tref en drie van dié blaarsiektes kom hier voor , naamlik grysblaarvlek , noordelike mielieblaarskroei ( witroes ) en bruinroes – die enigste plek ter wêreld waar dit só voorkom . Die ander uitdaging is ons wisselvallige klimaat . Maar die herlewingslandbou , oftewel no till , sorg darem vir versagtende omstandighede met betrekking tot die wisselvallige klimaat wat ons hier ervaar .”
Desnieteenstaande sy herlewingslandboupraktyke , het Egon ongelukkig geen ander keuse as om
3 . Vir ‘ n lang tyd ( 12 jaar ) het hulle nie beeste aangehou nie , maar toe sien hulle die lig , as ’ t ware .
8 MARKtoe ! Augustus 2023