MARKtoe! AUGUSTUS 2023 Uitgawe 107 | Page 7

LANDBOU

Farms . Hulle is hoofsaaklik saaiboere – twee derdes mielies en een derde soja en koring onder besproeiing gedurende die winter .

“ Maar die beeste is ʼn baie belangrike komponent in ons herlewingslandbou . Maar ek sal later meer daaroor vertel .”

Die omgewing is uiters geskik vir saai , aangesien dit snerpend koud in die winter is en bloedig warm in die somer .

“ Dit moet net nie andersom gebeur nie .”

Alhoewel persentasies mielies en soja soms wissel , probeer die Zunckels daarby bly .

“ Ons wil nie te veel heen en weer nie . Onthou : what fixes high prices are high prices . En die teenoorgestelde is net so waar .” Egon is nie bloot filosofies met betrekking tot landbou nie , nie bloot omgewingsbewus met sy toepassing van herlewingslandboupraktyk op Zunckel Farms nie ( neem kennis van die meervoudsvorm – daar ’ s verskeie plase in hierdie omgewing en ander in die Vrystaat ), maar ook een wat homself van onder af opgewerk werk het .

“ Ek het niks geërf nie . Ek moes die grond dekades gelede by my ouers koop . Met ʼn banklening . En alles het verkeerd geloop . Diep mismoedig sit ek jare gelede gedurende Paasnaweek voor die TV en skielik voel dit asof ek deur ʼn vreemde siekte oorrompel word . Gedurende die oorval besef ek naderhand hierdie is my ontmoeting met die Heilige Gees . Ek het tot bekering gekom

2 .
2 . Lewende hawe is van kardinale belang in herlewingslandbou aangesien die diere die dekgewasse vreet en hergroei stimuleer .
7 MARKtoe ! Augustus 2023