EGON ZUNCKEL – RUSTENBURG
LANDBOU
1
EGON ZUNCKEL – RUSTENBURG
Vir die gemiddelde inkommer bly Natallers ʼn vreemde spesie . Die provinsie was wel vroeër as die laaste Britse koloniale buitepos beskou , maar hier blyk dit dat rasse-integrasie soveel dieper reik – veral waar dit by die burgers se veeltaligheid kom .
By Egon Zunckel op die plaas Rustenburg aangekom , voer hy ʼn gesprek in Zulu oor sy selfoon .
Egon : “ My eerste taal was Zulu omdat ek saam met Zulu-kinders op die plaas grootgeword het . My oupagrootjie was boonop ʼn Duitse sendeling en my ma Afrikaans en ons huistaal was Engels . Dus is ek ook Duits en Afrikaans magtig .”
En nié Afrikaans met ʼn Engels aksent nie . Ook nie Engels met ʼn Afrikaanse aksent nie . Asof hy elkeen van hulle saam met die moedersmelk ingekry het .
Egon is die vierde geslag op die plaas en sy twee seuns , Carl en Tyson , boer saam met hom . Pa is egter besig om effens terug te staan en die verantwoordelikhede na die seuns oor te skuif en dus is hulle twee nie vir die gesprek beskikbaar nie .
Saam vorm die drie Zunckel
1 . Egon Zunckel boer met visie en volhoubaarheid
6 MARKtoe ! Augustus 2023