LANDBOU
5 . 6 .
Daar is natuurlik gedurende hierdie tyd van die jaar nie ʼn mielie- of sojaplant in sig nie – indien jy die reste buite rekening laat .
Terloops , die mielieplant is eintlik ʼn jaarlikse gras en stam uit die familie Gramineae wat ook , interessant genoeg , koring , rog , gars , sorghum , suikerriet en rys insluit .
Nietemin , die afwesigheid van welige mieliegrasse is nie teleurstellend nie , aangesien die landerye oortrek is met dekgewasse – verskeie grassoorte , knolplante en dies meer . En hierin lê die geheim van Egon se sukses met betrekking tot grondgesondheid .
Hy lag nederig en reken , “ Die storie met grondgesondheid was eintlik blote toeval . Om terug te gaan na daardie tyd , dit was eintlik net toeslaan en afloop , grond- en winderosie . Alles was nag . Jy besproei die eerste keer en met die tweede besproeiing , loop die water weg as gevolg van die grond se kors wat verdig .”
Ná hewige kopkrap , het ʼn kunsmisverteenwoordiger met diepgaande kennis van landbou in Brasilië voorgestel dat Egon ’ n deklaag moet vestig .
“ Ek was bekommerd omdat almal sê die plantreste op die landerye gaan siektes veroorsaak .
“ Maar ek het geluister en vir vier
5 . Hierdie silo ’ s dien nie die doel om te berg nie , eerder om tydelik ná die stropery te stoor tot wanneer vragmotors die oes wegry . 6 . Die vrug van sy arbeid .
10 MARKtoe ! Augustus 2023