MARKtoe! AUGUSTUS 2023 Uitgawe 107 | Page 11

LANDBOU

jaar met ʼn beitelploeg gekrap en mielies tussen die koringreste geplant . Waar ons voorheen minder as tien ton mielies verwag het , sit ons toe skielik met twaalf ton . Dit was ongelooflik ,” glimlag hy .

Die oorgangsproses na no till was dus deklaagbewerking en dit sonder al die probleme wat die doemprofete voorspel het .

“ Ons het net al hoe beter gevaar .”

Deklaagbewerking beteken kortliks dat jy basies nie die grond omploeg nie en dus word plantmateriaal op die oppervlak agtergelaat . Die reëndruppels se kinetiese energie word hierdeur geabsorbeer en dit laat die water toe om geleidelik in die grond te sypel .

“ Dink aan ʼn rondawel . Gedurende die somer is die binnekant heelwat koeler as buite en in die winter skep dit ʼn effek wat die vertrek weer ʼn klompie grade warmer hou .”

Op ʼn buurplaas wat Egon aangekoop het , val die oes onder spilpunt-besproeiing daarenteen ná 14 jaar se no till onverwags om .

“ Die rede was waarskynlik siektes , koue- en nat-aanplanting en ʼn hoë swamlading . Ons was ook daardie tyd besig om die stikstof te probeer sny . ʼn Kombinasie van al hierdie faktore en swak blaarsiektebestryding omdat ons net een of twee bespuitings in plaas van drie of vier gedoen het . Dit was soos hulle sê a perfect storm . Ons het begin dink ons kan nie grondbewerking

7 .
7 . As gevolg van herlewingslandbou , het Egon Zunckel sy kunsmis met die helfte verminder .
11 MARKtoe ! Augustus 2023