MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 9

LANDBOU

Van familiewortels tot Kleinberg

LANDBOU

Johan se oupa het die grondslag vir hierdie suksesvolle tafeldruif-produsent kort ná die Tweede Wêreldoorlog gelê. Hy het aanvanklik as bouer in die vallei gewerk, later grond gekoop en uitgebrei, en vandag lewer Kleinberg die meeste van hul druiwe aan Woolworths.

“ Ons het die plaas in 1993 gekoop, maar my oupa was instrumenteel in die vroeë ontwikkeling van die vallei. Hy het later op plase begin werk en Kleinberg gekoop nadat sy aftrede net ses maande gehou het. In 1971 het my pa, Bennie, oorgeneem. Die omstandighede van 2000 het hom gedwing om Sanddrif te verkoop, maar hy het Kleinberg in 1993 gekoop, net toe ek klaar was met my studies op Stellenbosch en plaas toe gekom het,” vertel hy.

2.

2. Die mark bepaal grootliks watter kultivars geplant word en pitlose druiwe is die meeste in aanvraag.

MARKtoe! April 2026 9