MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 8

LANDBOU
LANDBOU

1.

JOHAN KRIEGLER & ANDRÉ DU TOIT | KLEINBERG & HEXVINES

Dit verg baie moed, vertroue en deursettingsvermoë om in die tafeldruifbedryf al jou eiers in een mandjie te sit en grootliks jou hele oes aan een kliënt toe te vertrou. Maar dit is presies wat Johan Kriegler en André du Toit van Kleinberg in die Hexriviervallei gedoen het.

As jou verskaffingsooreenkoms egter met een van Suid- Afrika se voorste varsproduktekleinhandelaars is, is dit sekerlik nie’ n slegte mandjie om te kies nie.

Dis besig op die plaas, al is dit hierdie tyd van die jaar amper die einde van die oesseisoen in die Hexriviervallei. Nuwe koelkamers is in aanbou, die pakstoor stoom voort en die kwekery doen baanbrekerswerk wat die span aan die voorpunt van nuwe planttegnologie plaas.

1. Johan Kriegler, eienaar van Kleinberg, en André du Toit, die bestuurder van Hexvines, tussen die rye wingerdstokke wat hier grootgemaak word.

8 MARKtoe! April 2026