Hier, in die hart van die Hexriviervallei, wys produsente dat sukses nie net in die wingerd begin en eindig nie. Dit lê ook in nuwe kultivars, slim plantmateriaal, pakstore wat onder druk funksioneer en koelkamers wat die koueketting staande hou. Van Orchard tot by oorsese rakke is dit’ n wêreld van presisie, aanpasbaarheid en mense wat weet hoe om onder druk gehalte te lewer.