Klipheuwel, die plaas waar ons gesels, was waar hy sy wortels moes vind, iets waarvan hy aanvanklik nie gehou het nie.
“ Die eerste paar jaar was swaar, en al word jy op’ n plaas groot, beteken dit nie jy kan boer nie. Oom Jan Vermeulen het hom gelukkig oor my ontferm en my touwys gemaak.”
’ n Bedryf wat verander het
Hy vertel dat die deregulering van die sagtevrugtebedryf in 1994 hom gered het, aangesien hy meer in die bemarkingsen finansiële kant van die bedryf belanggestel het. Die eenkanaalbemarkingstelsel is opgeskort, en produsente kon hul eie ding begin doen totdat dit te veel geraak het en sowat 114 uitvoerders aktief was wat met mekaar begin kompeteer het.
3. Die druiwe word in kissies gepluk en dan op waentjies gelaai waarmee dit na die pakstoor geneem word.