“ Aanvanklik het almal goeie geld gemaak, maar oor tyd het die gefragmenteerde bemarking en kompetisie met onsself die krisis van 2000 veroorsaak. As ek terugkyk, dink ek tog ons het die baba met die badwater uitgegooi, want die logistiek en distribusie was goed en sinvol. Vandag gaan dieselfde druiwe op dieselfde bote na dieselfde markte. Al verskil is dat dit nou soos’ n Smartieboks lyk, waar dit vroeër net een handelsmerk was.
“ Nou het ons ook nie meer daardie ekonomie van skaal nie. Die grootste uitvoerder doen nou omtrent 4,5 milj. kartonne, terwyl daar in die verlede gesamentlik meer as 20 milj. uit die Hexriviervallei gekom het en tussen 60 en 70 milj. uit die hele Suid-Afrika. Om met 70 milj. kartonne te onderhandel, is mos baie sterker as met net 4,5 milj.
4. Kappies oor die druiwetrosse is ook’ n manier waarop dit teen reën en voëls beskerm word.