“ Baie tegniese en finansiële kennis, asook oesleningshulp, is verloor en die wiel word nou voortdurend herontwerp. Kartonne is dalk goedkoper, maar om duur produkte in goedkoop kartonne te sit en te verwag dat dit ná weke op see nog mooi anderkant moet aankom, net om’ n paar sente te spaar, maak nie sin nie,” is sy betoog.
Die Woolworths-keerpunt
Hul skeidingsjaar het in 1994 gekom toe iemand op die plaas opdaag en vra of hulle al hul druiwe aan Woolworths sal lewer. Hoewel hul besigheid toe nog relatief klein was, het Johan dit as waardetoevoeging tot hul uitvoerbesigheid gesien. Vandag verskaf hulle 70 % van hul eie produkte aan Woolworths en voer net uit wat nie aan dié mark voldoen nie.
5. Kleinberg bied werk aan honderde werkers tydens oestyd.