MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 88

WINKEL
WINKEL

Agrimark Orchard het agt afleweringsvoertuie, waarvan twee 8 ton-vragmotors is. Gelukkig is daar ook personeel byderhand wanneer produsente self pakmateriaal en ander produkte kom afhaal.

’ n Span wat weet

Omdat goeie diens vele hande verg, het die winkel 20 personeellede, met ekstra tydelike personeel wat in spitstye hand bysit. Die permanente personeel het gesamentlik al meer as 100 jaar se ervaring. Staatmakers soos Ben Kamfer,’ n senior handelsklerk wat 34 jaardiens het, ken feitlik die itemkode van elke produk in die winkel. Karel Matthews, wat na die gasafdeling omsien, werk al 33 jaar hier, en Martiens Filander, handelsklerk, het in 2025 30 jaar diens by Agrimark Orchard

14. Draad en ander boumateriaal, soos versterkingstaal, is deel van die winkel se aanbod. 15. Draad is’ n belangrike inset vir die vallei se tafeldruifbedryf, waar dit onder meer in beskermings- en ondersteuningstrukture gebruik word.

14.

15.

88 MARKtoe! April 2026