waarop die spesifieke uitvoerder se handelsmerk gedruk is.” Die tipe pakmateriaal wat aangekoop word, moet gereeld hersien en aangepas word om by die mark en in klante se behoeftes te voorsien. Historiese data uit vorige jare is baie nuttig en help hulle om ingeligte vooruitbeplanning te doen.
Shaun verduidelik dat die eerste paar weke van die jaar die besigste is. Hy noem dat daar wel’ n verskuiwing in seisoene te bespeur is.“ Die vroeë druiwe is nou al van middel Desember af beskikbaar, in die omgewing van week 51. En vroeg in Januarie klim almal op die wa tot so einde Maart. Januarie en Februarie is ons spitstyd in die tafeldruifseisoen.”
12. Palette is onmisbaar in die pak- en uitvoerproses en word in groot volumes vir die vallei se tafeldruifprodusente aangehou. 13. Coenraad Matthews in die stoor, waar groot volumes pakmateriaal gereed gehou word vir die spits van die tafeldruifseisoen.