MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 84

WINKEL
WINKEL

Produsente raak toenemend afhanklik van produkte om hul wingerde mee te beskerm en Agrimark Orchard staan gereed om met alles hand by te sit. Dit sluit in plastiekoortreksels en netstrukture vir boorde, spandraad, bind- en ankerdraad en pale van verskillende groottes – insluitend kreosoot-dennepale en selfs bloekompale soos deur party klante aangevra.

Papiersakkies vir die trosse( sogenaame growing bags), kappies wat oor die trosse aangebring word om reënskade te voorkom, plukkissies en skêre om druiwetrosse mee uit te dun en te vorm, is alles noodsaaklikhede in hierdie bedryf.

6. Kos vir viervoetkinders is ook hier beskikbaar. Shane Bostander is altyd gereed om te help.

6.

84 MARKtoe! April 2026