om presies te sien hoeveel sand, sement, stene, venster- en deurrame en dakkappe aangekoop moet word. PVC-produkte is nog’ n nuwe produkreeks. Bouers werk maklik daarmee en party installeer sommer self die plafonne.”
Daar is ook afdelings met produkte vir swembadonderhoud, hardeware, loodgieterprodukte, kos vir viervoetvriende en dieremedisyne.
Hulp deur die seisoen
Kunsmis en brandstof het weens die konflik in die Midde- Ooste skielik baie duur geword en grootmaat aankope is aan die orde van die dag al is kunsmis in sakke ook beskikbaar.
Daar is twee brandstofpompe op die winkel se rybaan vir die gerief van klante wat die winkel besoek en ook die skoolbusse wat gereeld hier aandoen.
4. Pakmateriaal vorm die kern van Agrimark Orchard se aanbod aan die Hexriviervallei se tafeldruifbedryf. 5. Ben Kamfer ken die winkel se produkte soos min en help klante graag met raad oor verf.