“ Die tafeldruifprodusente soek spesifieke pakmateriaal en ons maak seker hulle kry wat hulle soek,” verduidelik Shaun.
Shaun is oorspronklik van Touwsrivier, so 50 km noord van die Hexriviervallei, en hy het so te sê in die wingerde grootgeword omdat hy in vakansietye gereeld saam met sy ma daar gewerk het.
In 2017 het hy by Agrimark betrokke geraak toe hy as’ n kwekeling-bestuurder by Expressmark in die Paarl begin het. Ná verskeie poste en plasings het hy van’ n brandstof- en geriefswinkel-agtergrond gegroei tot waar hy nou’ n toegewyde span lei om’ n volledige kleinhandel-onderneming te hanteer. Shaun skroom nie om sy moue op te rol nie. Hy het’ n lisensie as vurkhyserbestuurder verwerf en in die store gewerk om eerstehands te sien hoe dinge werk. Die resultaat is’ n winkel met goeie struktuur waar almal bereid is om die hand aan die ploeg te slaan.
2. Van hardeware tot seisoenale benodigdhede, die winkel is ingerig om die behoeftes van die Hexriviervallei se produsente te ondersteun.