MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 80

WINKEL
Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
WINKEL

Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter

Agrimark Orchard is in’ n klein dorpie geleë, maar die rol wat dié winkel in die Hexriviervallei speel, is allesbehalwe klein. As voorste verskaffer van pakmateriaal aan die streek se tafeldruifprodusente, ondersteun die winkel’ n bedryf waar elke dag, elke bestelling en elke aflewering tel.“ Ons is in’ n klein dorpie, maar ons bereik groot hoogtes,” sê Shaun Solomon, takbestuurder van Agrimark Orchard.

1.

1. Die span van Agrimark Orchard is( agterste ry): Monro Booysen, Martiens Filander, Shane Bostander, Jayzel Yberg, Ivan Filander, Lyle Koenze, Ben Kamfer, Karel Matthews, Hendrik Goliath, Coenraad Matthews, Vlok Bauermeister, Marco Baartman, Emeul Kibbie en Shaun Solomon. Voor staan Francel Rossouw, Gaylon Julies, Samantha Visagie, Megan Manuel, Babazile Ndasana en Hannalie Wildschut.

80 MARKtoe! April 2026