het dit volgens hom’ n positiewe invloed op kleur, groei en opbrengs gehad, veral by Autumn Crisp, en dit help ook om die oesvenster later te skuif. In’ n mark waar tydsberekening en kwaliteit albei tel, is dit’ n betekenisvolle voordeel.
Wat SATI nou toets
By De Vlei word daar intussen saam met SATI en die Universiteit Stellenbosch aan plastiekproewe gewerk. Die proewe vorm dit deel van’ n groter SATI-ondersteunde program waarin oorhoofse plastiek geëvalueer word. Drie projekte word op hierdie gebied befonds: twee wetenskaplik gestruktureerde proewe, een oor klimaatsmanipulasie en een oor reënbeskerming, en’ n derde waarin data onder kommersiële toestande op verskillende produsenteterreine ingesamel word.
“ Ons moet kyk na iets wat reën kan hanteer. Dit is’ n werklikheid wat die afgelope paar jaar’ n groot invloed op ons oeste en opbrengs het.”
By De Vlei is die fokus om te bepaal of plastiek rypwording kan vertraag, hoe goed dit die oes teen reën beskerm en hoe verskillende plastiektipes teenoor mekaar presteer. Metings van onder meer vogtigheid, lugbeweging, waterdampdruk en evapotranspirasie help om die praktiese waarde van hierdie stelsels beter te verstaan. SATI se eie 2025 / 26 tegniese beplanning noem oorhoofse plastiek en nette ook as een van die sleutelprojekte in die pyplyn, wat wys hoe sentraal hierdie onderwerp nou in die bedryf staan.