MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Página 75

OESBESKERMING
OESBESKERMING

Die reën het nie die seisoen ontspoor nie, maar dit het beslis ekstra bestuur geverg. Vir tafeldruifprodusente is die gesprek oor plastiek en nette daarom nie meer bloot’ n eksperiment nie. Dit gaan oor risikobestuur, gehaltebeskerming en die vermoë om’ n oesvenster suksesvol deur te voer in’ n vallei waar laat reën al hoe meer deel van die werklikheid raak.

Reën in oestyd vra vinnige aanpassings

Robert Brown van Kanetvlei in Orchard stel dit reguit:“ Ons moet kyk na iets wat reën kan hanteer. Dit is’ n werklikheid wat die afgelope paar jaar’ n groot invloed op ons oeste en opbrengs het.” In sy ervaring dwing reën tydens oestyd produsente om vinnig en presies op te tree, omdat korrels maklik kan bars of beskadig en trosse dan met groot sorg uitgesny moet word voordat dit nog gebruik kan word.

“ In’ n streek waar laat reën vinnig in gehalteprobleme kan verander, lyk plastiek en nette al minder soos’ n ekstra en al meer soos deel van die antwoord.”

Op Kanetvlei word nette en plastiekseile reeds bo-oor wingerde gebruik om druiwe teen reën te beskerm. Die nette help ook om hael uit die plastiek te hou, terwyl die plastiek effens hoër as die wingerdstokke aangebring word om lugvloei te bevorder. Dit is nie goedkoop nie, maar volgens Brown het die stelsel reeds sy waarde bewys as’ n risikobestuursmaatreël waarsonder hulle nie maklik meer kan klaarkom nie.

Hy wys ook daarop dat plastiek nie net’ n beskermingslaag is nie, maar ook’ n produksie-instrument. By Kanetvlei

MARKtoe! April 2026 75