LANDBOU
LANDBOU
Baie van die nuwe kultivars wat hulle vandag produseer, is baie sensitief vir reën. Dit is waar plastiek, sakkies en kappies inkom, asook die proewe wat hulle daarmee doen.
Reynecke stem saam dat hulpmiddels ingespan moet word om die produksieprosesse te ondersteun.“ Ons kry gereeld satellietbeelde van die wingerde deur die Impi-platform van Danie Kritzinger van Malmesbury. Hy is’ n grondkundige met’ n passie vir grond en besproeiing. Die stelsel wys vir ons watter stokke onder stres verkeer en of daar groei-afwykings voorkom. Die beelde sny soos’ n mes deur botter deur die wingerde en dui presies aan waar die probleme is.
Ons kan dan regstellings maak; 80 % daarvan is besproeiingsfoute, of ons kan meer of minder kunsmis strooi. Die stelsel is gekoppel aan’ n outomatiese kunsmisstrooier wat deur Red Ant van Ceres ontwikkel is en dan die regte hoeveelhede op die spesifieke plekke in die wingerd strooi. So kan jy deur presisieboerderypraktyke kunsmis- en terselfdertyd insetkoste beperk.”
MARKtoe! Februarie 2026 69