MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 68

LANDBOU
LANDBOU

7.

behaal is en gevolglik die effek van elke beskermingsmaatreël.“ Ek is nie’ n dataverwerker nie. Gelukkig kan die studente dit doen – hulle het genoeg rekenaars en tyd om ons hiermee te help,” spot hy.

Volhoubaarheid en presisieboerdery

Volgens Gabriël is hierdie en ander proewe wat op die plaas gedoen word, alles deel van hul ondersoek na maniere om ook in die toekoms volhoubaar te kan boer en te bepaal wat hulle moet doen om produksie uit te bou. Insetkoste styg jaarliks, en hulle sal maniere moet vind om daarmee tred te hou.

Nuwe plantmateriaal is deel hiervan, maar hulle moet ook dit wat hulle reeds het, probeer verbeter. Op Vioolsdrift en Trawal boer hulle alles onder nette om die wind te keer en’ n beter mikroklimaat te skep, aangesien daar’ n laer reënrisiko is. In die Hexvallei moet hulle reën as’ n gegewe aanvaar en maniere vind om die impak daarvan te verminder.

7. Verskeie eksperimente word op De Vlei gedoen, ook in samewerking met die Universiteit Stellenbosch en SATI.

68 MARKtoe! April 2026