MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 67

LANDBOU
LANDBOU

en evapotranspirasie in, wat alles help bepaal hoe gesond die plante is. Dit word deur verskeie formele weerstasies gemeet en vergelyk met metings van kontrolestasies buite die bedekte rye om’ n ware beeld te verkry.“ Een ding is egter reeds seker: die voordele van hierdie stroke is beslis werklik, en ons druiwe sou vanjaar heelwat meer skade getoon het as dit nie hiervoor was nie. Tesame met die sakkies probeer ons die wisselvalligheid van die natuur bestuur om die gehalte van ons druiwe in’ n groter mate te kan waarborg en steeds kliënteprogramme te kan diens.

“ Natuurlik is die sakkies nie altyd 100 % doeltreffend nie, want soms word dit nie reg vasgemaak nie en kan water nog aan die bokant inloop, wat uiteindelik bederf veroorsaak. Dit is uiters arbeidsintensief, maar’ n goeie vorm van versekering. Ons gebruik die sakkies in rotasie op die verskillende boorde en kan darem baie van hulle die volgende jaar weer gebruik.”

Hy vertel dat SATI sekere stokke in elkeen van die proewe uitgemerk en deurlopend geëvalueer het. Nou, tydens die oesproses, ontleed hulle ook die produksie wat deur hierdie stokke