MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 66

LANDBOU
LANDBOU

6.

nog voortdurend besig om planne te maak om by die mees optimale struktuur vir die plastiek uitte kom.

“ Die dakkies is in die middel van die rye en ons kyk baie na wat die kersieprodusente doen. As die wind roer, lig die seile op, maar die openinge verseker dat rukwinde minder stres op die struktuur plaas.”

Reynecke vertel dat hulle wel agtergekom het dat die plastiekbedekking reusewaterbesparings meebring.“ Ons het aanvanklik geskat dat ons omtrent 30 % sou spaar, maar dit is reeds veel meer en in’ n waterskaars land soos Suid-Afrika is dit baie werd. Jy verander die hele mikroklimaat in die rye onder die plastiek. Die wind is minder en jy blok omtrent 20 % van die sonlig uit. Radiasie is minder en dit is aansienlik koeler, almal faktore wat tot waterbesparing bydra.”

Tydens die eksperimente wat hulle in samewerking uitvoer, word verskeie metings akkuraat geneem. Dit sluit die vogtigheidsgraad onder die seile, lugbeweging, waterdampdruk

6. Doeltreffende watergebruik is kern tot tafeldruifboerdery op De Vlei.

66 MARKtoe! April 2026