MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 65

LANDBOU
LANDBOU

Die derde projek is ontwerp om produsente te ondersteun met die uitvoering van plaasproewe onder kommersiële toestande.

Hierdie projek het ten doel om data op’ n gestandaardiseerde wyse oor vyf verskillende produsenteterreine in te samel, waarvan De Vlei een is. Die De Vlei-proef is dus een van die kommersiële proefpersele wat tot hierdie breër datastel bydra.

“ Produsente het verskillende doelwitte wanneer hulle oorhoofse plastiek toets. In die geval van De Vlei is die fokus daarop om die potensiaal te evalueer om rypwording te vertraag, die oes teen reënval te beskerm en die prestasie van verskillende plastiektipes te vergelyk,” sê sy.

Data uit die wingerd

“ Daar is soveel verskillende opsies en almal sien dit anders,” vertel Reynecke.“ Ons het nou plastiekstroke uit Italië ingevoer om te kyk of dit beter as die ander, wat ons reeds op die proef gestel het, sal werk. Sommige van die plastiekstroke het openinge om lug deur te laat. Dit help om die plastiek te beskerm wanneer daar skielike rukwinde opkom of die wind kwaai waai. Dan beweeg die wind deur die openinge en het dit’ n kleiner houvas op die seile. Hierdie navorsing help ons om te bepaal wat die presiese voor- en nadele van die verskillende stelsels is. Ons is ook

MARKtoe! Februarie 2026 65