Vanjaar se reën tydens oestyd het weer eens die belangrikheid daarvan onderstreep om die druiwe teen hierdie ontydige risiko te beskerm. Talle produsente in die omgewing, die Viljoens ingesluit, gebruik reeds beskermende maatreëls soos kappies op die trosse, die sogenaamde growing bags, sakkies wat om die trosse geplaas word, en plastiekbedekking bo-oor die wingerde. Dit is juis met hierdie plastiek dat daar tans uitgebreide eksperimente saam met SATI( SA Table Grape Industry) en die Universiteit Stellenbosch gedoen word.
Volgens Tarryn Wettergreen, navorsings- en tegniese bestuurder by SATI, vorm die proewe by De Vlei deel van’ n groter SATIondersteunde program wat daarop gemik is om die gebruik van oorhoofse plastiek te evalueer.
SATI finansier drie projekte wat op hierdie gebied fokus. Twee van hierdie projekte behels wetenskaplik gestruktureerde proewe: een wat klimaatsmanipulasie ondersoek en die ander wat op reënbeskerming fokus.
5. Arbeidsintensief maar noodsaaklik – sakkies word om elke druiwetros gedraai om dit teen reënskade te beskerm.