MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 61

LANDBOU

Nuuskierigheid, grond en kultivars

LANDBOU

Reynecke glo hy het sy pa se weetgierigheid geërf: die drang om alles te wil weet, baie te lees en in metings te glo. Nou is hy op dieselfde bladsy en lê hy groot klem op ondersoek, toetse en die ontleding van resultate.

Gabriël vertel dat De Vlei baie kleigrond het, omdat dit vroeër só was dat die oumense water daar kon lei. Dit was nie altyd die beste grond vir tafeldruiwe nie, en dit het sy pa, Leon, gedwing om maniere te soek om die grond te verbeter. Reeds sedert die 1970’ s plant hy lusern en dekgewasse op hierdie gedeeltes. Oor die jare kon hulle sien hoe die grondgehalte verbeter, en vandag produseer dit uitstekende tafeldruiwe. Dit is’ n bewys van die sukses van herlewingslandbou,’ n praktyk wat hulle vandag nog met groot erns benader.

2.

2. Baie sorg word in die wingerde gedra om die stokke te beskerm en water doeltreffend te gebruik – vandaar die gekapte plantmateriaal op die bankies.

MARKtoe! April 2026 61