MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 62

LANDBOU
LANDBOU

3.

“ Leon het’ n passie vir tafeldruiwe. In sy strewe om voortdurend te verbeter en beter gehalte tafeldruiwe te produseer, het hy by plantteelprogramme betrokke geraak en toetspersele in verskillende areas geskep waar nuwe kultivars geëvalueer is. Vandag is dit Reynecke wat hiervoor verantwoordelik is. Eers word net’ n paar stokke van’ n nuwe kultivar geplant om te sien hoe dit aard by die klimaatsomstandighede van die verskillende areas. Daarna volg’ n paar rye sodat’ n verskeidenheid proewe gedoen kan word, en eers daarna volg volwaardige aanplantings,” verduidelik Reynecke.

Plastiek, sakkies en beskerming teen reën

Buiten die besige skedule om die oesseisoen agter die rug te kry, is daar deurlopend eksperimente op die plaas aan die gang.

3. Die Viljoen-familie van De Vlei is reeds vir 130 jaar op die plaas en is pioniers van die tafeldruifbedryf in die Hexriviervallei.

62 MARKtoe! April 2026