Komende uit die vrugtebemarkingswêreld is Ryno en sy Rooted-span deeglik bewus van vensterperiodes in oorsese markte en die beste tye vir Suid-Afrikaanse produkte om verskillende bestemmings te bereik. Hulle beplan strategies om te probeer verseker dat daar dwarsdeur die jaar iewers rakspasie vir hul produkte is, of dit nou tafeldruiwe, avokado’ s, bloubessies of vye is.
“ Daar is soveel faktore wat in gedagte gehou moet word: die klimaat, arbeidskostes, ontwikkelende tegnologie, die oorlog in die Midde-Ooste en Oekraïne, probleme by die Kaapstadhawe, die tydperke wat verskillende produkte tydens verspreiding kan deurstaan, groter klem op naspoorbaarheid en toenemende oudits. Maar dit is my wêreld, en dit maak en hou my opgewonde,” sluit Ryno af.
9. Ryno Palm by kartonne druiwe wat gepalletiseer is en wag om na die Kaapstadhawe geneem te word, vanwaar dit uitgevoer word.