MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 57

LANDBOU
LANDBOU

sorg ook dat lote so gespasieer is dat hulle nie aan mekaar raak nie, sodat wind nie merke op die korrels veroorsaak nie.”

In die vroeë stadium ná blom, wanneer die korrels nog kleiner as ertjies is, word die trosse ingekort. Hulle mik vir’ n trosgewig van tussen 500 g en 600 g, sodat dit maklik in punnets pas.“ Ons pak nie net 500 g nie; ons gee eerder 540 g of 560 g, want daar is altyd vogverlies op pad mark toe. Die Duitsers is baie streng oor’ n presiese nettogewig van 500 g.”

Hulle weet intussen ook min of meer wat’ n enkele korrel weeg, afhangend van die kultivar. Dit help om te bepaal hoeveel korrels op’ n tros moet bly.“ Laasjaar het ons begin kyk na tegnologie waar kameras op vierwielmotorfietse gemonteer word om trosse af te neem. Dan word KI gebruik om die korrels te tel. Dit gee vir jou die akkuraatste skatting.”

Tafeldruiwe moet ook uitgedun word om te voorkom dat trosse te styf set.“ Anders druk die een korrel letterlik die ander uit. Uitdunning speel’ n groot rol en ons gebruik al jare gibberelliensuur,’ n natuurlike planthormoon. Ons knip nog soms met skêre uit, maar dit is baie arbeidsintensief. Ons gebruik ook ander aksies, soos ringelering, afhangend van die kultivar.”

Van pakstoor tot rakspasie

Relatief tot die res van die vallei is hul tafeldruifboerdery gemiddeld in grootte en lewer dit sowat 200 000 kartonne. Binne die groter Rootedomgewing verteenwoordig hul eie produk egter net ongeveer 15 % tot 20 % van die totale volume.

MARKtoe! Februarie 2026 57