MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 56

LANDBOU
LANDBOU

rakspasie. Daar is plek vir groot multinasionale maatskappye, maar daar is ook iets besonders in die egtheid van’ n produsent wat self sy produk uitvoer en daardie verhouding met kliënte bou,” vertel Ryno.

Die soeke na die regte kultivar

Ryno vertel hulle probeer voortdurend op hoogte bly van die nuutste kultivars.“ Hoewel markte dikwels die rigting aandui, kyk ons altyd na produksie gekoppel aan smaak- en geurprofiele wat die verbruiker wil hê.”

Plekke soos Kalifornië, Peru en Israel is leiers in tafeldruifverbouing en ook die tuiste van groot kwekerye en ontwikkelaars van nuwe genetika.“ Ons woon hul vrugteskoue en velddae by en word so blootgestel aan nuwe plantmateriaal wat reeds getoets is. Dan kan ons’ n kultivar oor twee of drie jaar dophou om dit te beoordeel. Die kriteria is eenvoudig: dit moet goeie opbrengste lewer en arbeidsvriendelik wees, want arbeid is een van enige vrugteprodusent se grootste kostekomponente.”

Presisie in die wingerd

By tafeldruiwe is fyn bestuur alles.“ As’ n tros ontwikkel en jy weet jy wil 30 trosse op’ n stok finaal voorberei, weet jy hoeveel tyd daaraan spandeer moet word. Wingerdstokke gee tussen 60 en 90 trosse en jy selekteer volgens stoksterkte. Jy

56 MARKtoe! Maart 2026