MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Página 55

LANDBOU
LANDBOU

“ As die boot eers vertrek, begin alles eintlik eers, want jy het reeds’ n klomp werk gedoen om die vrugte op die boot te kry. Om die sirkel regtig te voltooi, moet jy betrokke bly tot by die einde. Dis hoekom ek graag self die vrugte verkoop,” vertel Ryno. Die Palm-plaas het tans ongeveer 45 ha tafeldruiwe met hoofsaaklik vier kultivars: die vroeë Arra 15 uit Israel, Autumn Crisp, Crimson Seedless en Red Globe. Laasgenoemde,’ n ou kultivar met pitte, word spesifiek vir markte in Rusland en die Midde-Ooste verbou, en hulle is die grootste produsent daarvan in die Hexriviervallei.

“ Ons het onlangs nog’ n plaas nader aan Worcester gekoop en probeer ons primêre produksie verder uitbou. Met my betrokkenheid by bemarking het ek gevind kliënte wil graag met produsente praat. Hulle wil weet ons produseer die produkte self. Van die begin af wou ek die een wees wat by die kettinggroep gaan sit en onderhandel vir ons eie produkte se

6. Elke punnet word geweeg om te verseker dat dit aan die regte gewigsvereistes voldoen. 7. Druiwe kom in kratte na die pakstoor waar dit nagegaan en vir uitvoer voorberei word.

6. 7.

MARKtoe! April 2026 55