MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Seite 53

LANDBOU
LANDBOU

Maja vertel dat Rooted juis in die Covid-tyd beslag gekry het.“ Ryno kan nie twee dae op een plek stilsit nie, en die gedagte van ons eie uitvoermaatskappy het toe die lig gesien. Eintlik is ons nog maar’ n baba in die bedryf.”

Ryno was lank in die vrugtebedryf voordat hy en Maja hul eie potjie begin krap het. Ná sy studies as wynmaker op Elsenburg is hy deur Capespan genader om te help met die uitrol van nuwe verpakkingsmateriaal vir tafeldruiwe in die Noord-Kaap. Hy het op Upington gaan werk om die nuwe 500 g-punnetverpakking aan produsente bekend te stel.

“ Daar was verstaanbare teenkanting van boere wat nie hul mooi, goedgevormde druiwetrosse, amper soos die Afrikakontinent, wou opknip om in plastiekhouers te pas nie,” vertel hy. Dit is ook daar waar hy vir Maja ontmoet het, terwyl hy vir drie maande op Peu en Surine Bezuidenhout se plaas, Naftalie, gebly het. Hulle is later op die plaas getroud, op’ n eiland wat Peu langs die Oranjerivier spesiaal vir die geleentheid gebou het, net totdat’ n vloed dit later weer weggespoel het.

4.

4. Pakhuiswerkers doen finale gehaltebeheer op tafeldruiwe voor verpakking.

MARKtoe! April 2026 53