ons kinders kry, was dit net drie dogters en pa Charl was natuurlik nie baie gelukkig daarmee nie. Toe noem ons maar die laaste dogter Charlotte Hanna,” vertel Maja laggend.
Met verloop van tyd het Charl Palm drie van sy broers se grond teruggekoop, en vandag word drie van die vier dele onder een sambreel bedryf.“ Maar,” spot Ryno,“ ek soek nou’ n man op’ n fiets. As daar nou’ n outjie teen die pas afkom en hy wil werk, moet ons praat.”
Rooted word in Covid-tyd gebore
“ Die dag toe ons die grond oorgeneem het, op 1 September 2021, het Rooted Global Fruit ook sy deure geopen, en’ n mens kan skaars glo wat alles in dié kort tyd gebeur het.”
3. Vlok Bauermeister en Shaun Solomon van Agrimark Orchard by Ryno Palm in een van sy wingerde op die plaas Goede Hoop.