MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 51

LANDBOU
LANDBOU

vierde geslag Palms wat hier boer. Sy oupagrootjie het die plaas bekom nadat hy vir die oorspronklike eienaar gewerk het.

’ n Familiegeskiedenis wat diep wortel geskiet het

“ Dis eintlik’ n lekker storie,” vertel Ryno.“ My oupagrootjie het iewers in die 1800’ s op sy fiets hier in die vallei aangekom op soek na werk. Hierdie was die laaste plaas langs die grondpad, wat destyds die enigste toegang tot die vallei was. Hy het by oom Jan Viljoen, wat vier dogters gehad het, aangeland en vir werk gevra. Daar was nie werk nie, maar hy kon bly vir’ n dak oor sy kop en kos, en dan moes hy maar werk. Toe oom Jan later aftree, sonder enige erfseuns, het hy die grond vir oupagrootjie Charl Johannes Palm gegee.”

Ryno verduidelik dat die familie se name oor geslagte heen voortgedra is: oupagrootjie Charl Johannes, sy oupa Ryno Johannes, sy pa Charl Johannes en toe hy, Ryno Johannes.“ Toe

2

2. Ryno is gereeld in die pakstoor om seker te maak dat die druiwe reg verpak word.

MARKtoe! April 2026 51