Dis warm in die Hexriviervallei, al is dit nog vroegoggend. Die versengende hitte van die voorafgaande dae hang steeds in die lug tussen die Hexrivier- en Kwadouwberge. Tog is daar’ n varsheid in die tafeldruifwingerde wat die pad na Rooted Global Fruit op Goede Hoop, die plaas van Ryno en Maja Palm, omsoom. Sommige wingerde dra nog swaar aan die laaste trosse, maar die meeste druiwe is reeds gepluk, verpak en waarskynlik al op pad na verre bestemmings waar Suid-Afrika se voorste uitvoerproduk geproe gaan word.
Ons gesels met Ryno en Maja, wat hulle in 2008 hier gevestig het. Ryno het uitgebreide ervaring in die vrugtebedryf en het self op hierdie tafeldruifplaas grootgeword as een van die
1. Maja en Ryno Palm van Rooted Global Fruit op die plaas Goede Hoop.