MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 47

LANDBOU
LANDBOU

8.

Die bottelnek lê buite die koelkamer

Vanjaar het alles vinnig gebeur. Produsente was tot twee weke voor hul normale programme, wat ekstra druk op die koelkamers geplaas het. As vervoer en hawens aan die ander kant reeds vol is, ontstaan bottelnekke, en dan moet produsente soms hoor dat hulle nie verder kan pak nie.

“ Dis nie iets wat hulle wil hoor nie. Maar wanneer die stelsel onder druk is, plaas dit ook druk op Agrimark, want in spitstye moet groot hoeveelhede pakmateriaal betyds beskikbaar wees.”

8. Lungisile Rarane moniteer die temperature in die verskillende koelkamers met behulp van gesofistikeerde rekenaarstelsels.

MARKtoe! April 2026 47