MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 48

LANDBOU
LANDBOU

9.

Nog’ n verskuiwing in die mark is die toename in punnets,” vertel Willem.“ Die bedryf het aanvanklik 4,5 kg-kartonne gesoek, maar nou vra die mark punnets. Dit maak reeds ongeveer 60 % van die houers uit wat ons hanteer.”

Op die oog af lyk Hexkoel se werk eenvoudig: om vrugte te ontvang, af te koel en uit te laai. In werklikheid is dit’ n fyn gebalanseerde stelsel wat onder groot druk funksioneer.

“ Ons maak ons geld uit voorverkoeling en stoor. Maar uiteindelik is dit die boksie druiwe wat vir al die druk in die logistieke ketting moet betaal. As die hawens nie verbeter nie, die paaie nie beter word nie, daar nie beter parkeerplek by die hawe is nie en die hele logistieke stelsel nie vinniger begin werk nie, kan dit die bedryf demp,” sluit Willem af.

9. Palette gepakte druiwe staan in die koelkamers voordat dit uitgevoer word.

48 MARKtoe! April 2026