“ Ons totale volume het die afgelope vyf jaar nie veel verander nie. Dit bly tussen 15 en 18 milj. kartonne, maar die tyd waarbinne ons dit moet hanteer, raak al korter en die weeklikse volume al hoër.”
Hexkoel kan sowat 17 500 palette op’ n slag hanteer, waarvan 8 500 in stoorspasie en 7 000 in voorverkoeling gehou word. Innames het ook skerp toegeneem. Waar 2 400 palette op’ n dag agt jaar gelede as baie beskou is, is 3 400 palette en 150 vraghouers in een aand vandag moontlik.
“ Ons het die som gemaak: In een nag is 3 440 palette gelaai. Dit is vrugte ter waarde van sowat R85 milj. Ons hanteer’ n hoëwaarde-produk, dus daarom die druk.”
Wanneer die krag afgaan
Kragvoorsiening is’ n groot uitdaging.“ As ons sonder krag sit, is dit’ n krisis,” sê Willem.“ Ons benodig 43,5 MW per uur om verkoeling voort te sit. As Eskom ons in die steek laat, het
5. Gepakte druiwe word in kartonne op palette gestoor totdat dit die koelkamers verlaat.