ons agt kragopwekkers wat die hele fasiliteit kan diens, maar hulle gebruik sowat 900 l. diesel per uur.”
Aan die begin van die seisoen word meestal uitvoerdruiwe hanteer. Soos die seisoen vorder, neem plaaslike volumes toe, veral ná reën in oestyd. Aan die einde van die tafeldruifseisoen word ook sowat 32 000 palette sitrus verkoel. Die sitrusseisoen duur van Maart tot Oktober, terwyl die druiweseisoen van einde Desember tot einde Maart of begin April strek.
“ Die koueketting is alles. Die gehalte van vrugte wat 70 dae hier staan, is soms beter as dié van vrugte wat 70 dae deur die res van die ketting beweeg het.”
Voorraad word daagliks met skandeerders opgeneem sodat elke palet se ligging bekend is. Deur die dag word innames tot omstreeks 22:00 gedoen. Wanneer die uitlaaispan om 23:00 begin, weet hulle presies wat waar staan.
Alles draai om vrugkwaliteit
Willem beklemtoon dat Hexkoel se rol nie uitvoer, verpakking of logistiek is nie, maar die bewaring van vrugkwaliteit.“ Ons werk is om die kwaliteit te bewaar. Ons ontvang die gepakte druiwe en moet dit so vinnig moontlik onder verkoeling kry, so naby moontlik aan 0 ° C.”