Hy verduidelik dat kleiner plasies oor die jare gekonsolideer is, met minder eienaars, maar meer pakstore. Dit beteken een eienaar kan verskeie pakstore op verskillende plase bedryf, met baie uiteenlopende volumes.
Om die omvang in perspektief te stel: daar pas 180 kartonne van 4,5 kg elk op’ n palet, en Hexkoel hanteer gemiddeld 124 000 palette per seisoen.
Hexkoel het 17 koelkamers, waarvan twee uitlaaikamers is. Die res word vir voorverkoeling en berging gebruik. Die aanleg beslaan ongeveer 5 ha sementoppervlak en 3,5 ha onder dak.
Volgens Willem lê die groot druk in die verskuiwing van seisoene. Waar hulle vroeër 20 tot 24 weke gehad het om druiwe te hanteer, word dieselfde volume nou in’ n korter tydperk verwerk.
4. Hexkoel is’ n verkoelingsgerief waar tafeldruiwe afgekoel word voordat dit vir uitvoer versend word.