“ In die nag het ons 27 vurke aan die gang. Dan is dit chaos en mag jy nie hier loop nie, want die vurke ry jou om.”
Groot volumes, kleiner tydvensters
Hexkoel se aktiwiteite kan maklik in syfers en statistieke vasgevang word. As Willem eers die syfers begin uitrol, wil’ n mens se kop draai. Hexkoel se groei weerspieël die uitbreiding van die vallei se produksie. Waar daar aanvanklik nooit meer as 3 milj. kartonne per seisoen hanteer is nie, was die rekord sowat twee jaar gelede reeds meer as 18,5 milj. kartonne. Die vallei as geheel doen nou sowat 24 milj. kartonne per jaar.
Volgens Willem was die uitbreiding grootliks organies, saam met die groei in produksie.“ Hier is nie eintlik meer ruimte in die vallei om plase uit te brei of by te kry nie. Op ons boeke is daar nou kultivars van 47 uitvoerders en 152 pakstore wat aan ons lewer, meestal uit die vallei.”
3.
3. Die reuse-koelkamers huisves miljoene kartonne tafeldruiwe in die piekseisoen.